Gholfdag

Brian McMillan, voormalige Proteas krieketspeler, ontvang pryse vanaf OOV-lede Suzaan Jonas, links, en Helen-Ann Roux, regs.

Bellville-Noord se Ouer-onderwyser-vereniging (OOV) het hul 27ste gholfdag gehou op Donderdag 19 Oktober. Dit was die organiseerder Arne Mulder se laaste een as OOV-voorsitter, asook skoolhoof Gerrit Nel se laaste een aangesien hy vanjaar aftree. Brian McMillan was nes verlede jaar “trekpleister-speler” en het saam met nog bekendes in die sport soos Hottie Louw, JP Strydom en Stefan Cruywagen gespeel. Die dag is weer deur Henry Grove en een van sy seuns, Stefan, gewen.