Martin Laubscher, ‘n oudleerling van Bellpark Laerskool het na 35 jaar weer sy Alma Mater besoek. Hy het ook een van sy kunswerke aan die skool geskenk. Mnr Laubscher was in 1981 die hoofseun by die skool. Hy het onlangs van die Suid-Kaap na Durbanville verhuis, waar hy nou sy kuns beoefen. Die skoolhoof Piero Louw sê hulle waardeer dit baie as oudleerlinge weer kontak maak.