Laerskool Bellville-Noord se Groenklub het Saterdag, 4 Augustus, saam met die Angra Avontuurklub ‘n besoek gebring aan een van die perlemoenplase op Hermanus. Leerlinge van Laerskole Brackenfell en Vredelust het ook die uitstappie meegemaak. Die leerlinge het vir die eerste keer van naderby met lewendige perlemoen kennis gemaak en selfs name aan twee 3-jarige perlemoentjies gegee wat van die volwasse klubleiers kon hanteer sodat hul dit van naderby kon besigtig. Die leerlinge was verbaas oor hoeveel verskillende beroepe betrokke is om so ‘n onderneming suksesvol te bedryf en was blootgestel aan ‘* hele nuwe beroepsmoontlikheid waaraan hulle nog nooit gedink het nie.