Laërskool Bellville-Noord het blikkieskos en ander voedselprodukte ingesamel vir behoeftige gesinne op Vrydag 30 Junie. Leerders kon enige pantoffels en fatsoenlike pajamas of gewone klere dra. Die leerlinge het die geleentheid ten volle aangegryp en daar was ‘n mengelmoes van verskillende kleure, patrone en vorms pantoffels en pajamas. Die onderwysers het self ook allerlei helderkleurige en/of snaakse bykomstighede by hul klere aangehad. Hier is leerders te sien met hul interessante slaapdrag.