Liam Martin, kaptein van HoĆ«rskool Strand se eerste krieketspan, is gedurende die somervakansie vir die onder-17 SA plattelandspan verkies. Hy is die eerste leerder van HoĆ«rskool Strand wat vir ān nasionale krieketspan verkies is.
Liam het die Boland se onder-17 span in die SA plattelandtoernooi verteenwoordig, wat in Kimberley van 10 Desember tot 14 Desember plaasgevind het.
Op die eerste dag het Liam 101 lopies teen die Oostelike Provinsie span aangeteken, en hy het hierdie kolfbeurt met beurte van 68 en 45 nie uit nie opgevolg.
Hy het uiteindelik die vierde meeste lopies op die toernooi aangeteken teen ān gemiddelde van 44.8 lopies per beurt.
Hy ook 9nege vangkanse benut, een kolwer uitgehardloop en ook by geleentheid twee paaltjies vir 15 lopies platgetrek.
Aanvanklik is Liam as onderkaptein van die Boland se span aangewys, maar is op dag drie amptelik tot kaptein bevorder. Uiteindelik was Liam een van twee spelers van die Boland wat die SA Plattelandspan gehaal het.