■ Laerskool Bellville-Noord se Groenklub het Vrydag 2 Februarie, ‘n baie interessante en leersame besoek aan die Hugenote tonnel en beheersentrum gebring. Die skool se Corne Lotter sê die rit binne-in die nood tonnel, regdeur tot aan Worcester se kant van die berg, was ‘n belewenis, asook om te sien hoe die nood-of ontruimingsdeure en noodplan werk. Die beheerkamer waar die hele Hugenote tonnel sigbaar is op vele televisieskerms, was ook ‘n hoogtepunt.