Nerens, Noord-Kaap

■ Die produksie Nêrens, Noord-Kaap met Albert Pretorius, De Klerk Oelofse en Geon Nel is by Die Boer Restaurant Teater, Durbanville op Dinsdag 5 Junie en Dinsdag 12 Junie om 8.30nm. Frans, Andries en Ronald het mekaar jare laas gesien. Nou moet die broers terugkeer na hul geboorteplaas, Nêrens, vir ‘n verjaarsdagbraai vir hul pa wat 60 word. Kaartjies kos R130 en is beskikbaar by 021 979 1911.