Pietman en Oom Arno Vertel is op die planke by Die Boer Teater, Durbanville, op Jeugdag, Donderdag 16 Junie, om 8.30nm. Ons onthou die Namakwalander, Arno van Zyl, vir sy skreeusnaakse staaltjie op Spies en Plessis en Maak ’n las, Stoepstories en vele meer.
In hierdie vertoning deel Arno sy vertellings met Pietman die Skot, wat ook bekend is vir sy verpersoonliking van verskeie eertydse storievertellers soos Tolla van der Merwe, Nico Nel, ja ook vir Arno van Zyl self, ens. Die stories word omrond met musiek gemaak deur Pietman en sy alias Peter Mitchell. Kaartjies kos R120 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com