■ Laerskool Bellville-Noord se Landsdiensklub het ‘n laaste keer in die Koo-vallei besoek afgelê van Vrydag tot Sondag 27 tot 29 Oktober. Hier is die spannetjie oppad Montagu toe om onder andere na vlermuise en San-tekeninge in ‘n grot te gaan kyk net buite die dorp by die Guano Grotte-oord. Hulle sal die jaar afsluit volgende week met ‘n besoek aan Paarlberg en die Taalmonument.