Verjaarsdagviering van ander kleur

Leerlinge wens Mnr. Mostert geluk met sy verjaardag wat die tema Oerwoud toe saam met Meneer Mostert gehad het. m gelukwens met sy verjaarsdag.

Om skoolhoof Johann Mostert se verjaarsdag te vier, wat ook sy eerste verjaarsdagviering in sy hoedanigheid as hoof van Bellville Noord Primêr was, het die skool ‘n kort saalbyeenkoms gehad op Vrydag 24 Augustus met die tema “Oerwoud toe saam met Meneer Mostert” waar die leerlinge soos allerlei diere kon aantrek.

Natuurlik het hul nie op hul laat wag nie, en daar was allerlei diere by die skool te sien – van kameelperde, tiere, apies, tot honde, katte en selfs ‘n vlêrmuis. Daar was ook ‘* hele paar jagters en ontdekkingsreisigers. Die geld wat leerlinge op die dag ingesamel het, het meer as R2 000 beloop en is ten bate van die Eon Muller-fonds vir behoeftige leerlinge.