Skool samel in plastiekdoppies

’* Groepie leerlinge van Höerskool Tygerberg het Huis Martina onlangs besoek. Hulle was baie geskok om te sien hoe min bejaardes kon deelneem aan die uitstappie as gevolg van ’* tekort aan rolstoele. Die Tygerberg leerlinge het besluit om plastiekdoppies in te samel en aan die Sweethearts Foundation te skenk wat op hul beurt weer help om rolstoele te skenk aan gemeenskappe. Tussen Augustus en September het die hele skool doppies versamel en op Vryday September 23, is 40 000 doppies na die Bellville Biblioteek gebring. Die Belville Biblioteek is ‘* optelpunt vir onder andere die Smile Foundation, sowel as ‘* versamelpunt vir broodetikette, leesbrille en seels vir verskeie organisasies. Links is Graad 11 leerders Franco Erasmus en Johan Louw van Höerskool Tygerberg.