Clarese Lourens van Laerskool Bellville-Noord het ‘n silver medalje behaal in kata sowel as ‘n silver medalje in kumite, tydens die vierde Wêreld Goju Ryu Karate Kampioenskappe wat in Roemenië gehou was. Clarese is dus tweede op die Wêreld Goju Ryu Karate Ranglys in haar kategorie. Sy is die jongste karateka nog wat gekies is vir die Goju Ryu span om Suid Afrika internasionaal te verteenwoordig. Laerskool Bellville-Noord is ontsettend trots op haar. Sy is van die plaaslike Kinjite Dojo Klub.