■ Laerskool Bellville-Noord se onder-12A en 13A netballspanne het onlangs die seisoen afgesluit met ‘n pret dag saam met afrigter Ilandi Steenkamp. Daar was eiergooi en gevolglike taai hande, gesmelte sjokoladeballetjies wat die mond mis en neus of ken tref, eiers wat rug teen rug oor ‘n afstand gedra moes word, spoed-drink-met-strooitjie-kompetisies en nog vele ander.