Na ‘n besige kwartaal in die biblioteek het Bellville-Noord se biblioteekprefekte Woensdag 27 September, weer bietjie ontspan. Na verlede kwartaal se verbeeldingsryke “vliegrit om die wereld” het hulle die slag hul lywe sjef gehou en die heel lekkerste melkskommels probeer maak met die voorsiene gegeurde melk, roomys en allerlei ander lekkergoed van sjokolade stafies tot sjokoladestroop. Die meeste prefekte het natuurlik ook gespog met ‘n selfontwerpte kokke of sjefshoed. Na heelwat beraadslaging is twee wenners, Janelle Jansen en Anel du Toit, uiteindelik uit die bykans 24 kreatiewe melkskommels aangewys.