■ Senior burgers was behoorlik bederf by die Bergsigkerk in Durbanville met die pas-afgelope Ouma en Oupa dag op Sondag 10 September. Die Sondagskoolkinders het hulle vermaak met hul sang en liedjies en jeugbedienaar, Bea Pretorius, het gesorg dat die tafels verskillende verhale uit die Bybel uitbeeld.