Laerskool Bellville-Noord se jaarlikse MC Grant/Protea Toyota Netbal-Aandtoernooi het plaasgevind op Vrydag 12 Mei met 30 spanne van 15 skole wat deelgeneem het. Van die skole wat deelgeneem het is Bastion, Bellpark, Bellville-Noord, Brackenfell, De Tyger, Durbanville, Fanie Theron, Gene Louw, Goodwoodpark, Kenridge, Mikro, Panorama, Saffier, Totius en Welgemoed. Die wenspanne aan die einde van die 10 rondtes was die onder-12 en -13 spanne van Kenridge, Welgemoed, Bastion en Durbanville se onder-13 span.