Twee kitskos restaurante in die Ipic winkelsentrum, Soneike, het op Saterdag 4 November ‘n liefdadigheidskonsert ten bate van die Alta du Toit Skool vir Leergestremdes gehou. Looitjiekaartjies is voor en op die dag verkoop. Restaurant-eienaar Neil Breebaart, regs, kon op Vrydag 17 November R10 000 kontant aan skoolhoof Marius Erasmus, links, oorhandig.