Laerskool Bellville-Noord leerders het hul skoolhoof, Gerrit Nel, verras met ’n “laat” verjaarsdagviering op Vrydag 29 September.
Hy was tydens sy verjaarsdag, 3 September, op ’n hoofdesimposium en kort daarna was dit die skool se revue.
Dis al gebruiklik dat hy deur die leerlingraad aangetrek word volgens ’n tema waarop hul besluit, en dan trek die leerlinge wat wil en kan, soos daardie tema aan vir die dag. Vanjaar was die tema “Superhelde/ Super Heroes”.
Die dag was ekstra spesiaal aangesien Mnr Nel aftree en hierdie sy heel laaste verjaarsdagsviering as hoof van Laerskool Bellville-Noord was.
Verskeie leerders het ’n boodskappie vir hom voorgelees op die verhoog, en daar was ook ’n video gewys waarin leerlinge en personeellede staaltjies oor hom gedeel het.
Die leerlingraad het ook ’n mooi T-hemp met die datum 1994-2017 agterop aan hom oorhandig saam met ’n paar ander geskenkies.