■ Laerskool Bellville-Noord se jaarlikse revue wat van Dinsdag 19 September tot Donderdag 21 September plaasgevind het, was ‘n groot sukses. Juffrou Charlene Etzebeth (Graad 1) het weer ‘n fantastiese keuse van liedere uitgesoek en saamgevoeg vir elke klas volgens ‘n “fliek” se tema. Dinsdag was daar ‘n gratis oggendvertoning vir ouetehuise en ander bejaardes en ook die eerste aandvertoning.