■ Woensdag 28 Maart was die laaste amptelike skooldag van Gerrit Nel na 24 jaar as skoolhoof by Laerskool Bellville-Noord. ‘n Erewag is gevorm tot by die hoofingang van die skool. Die kinders het hom en sy vrou, Liezal, toegejuig, drukkies gegee, handgeskud en persoonlik gegroet. Tydens die saalbyeenkoms het ‘n leerling uit elke klas die geleentheid gehad om hom met ‘n kort boodskappie te groet, waarna die hoofleiers, Tayla Wedderspoon en Tristan Schoeman, aan die woord was. Adjunk-hoof Jacques Vivier het hom bedank en ‘n geraamde fotobeeld van sy tyd by Bellville-Noord, aan hom gegee as afskeidsgeskenk. Voor hy saam met sy vrou, onder groot toejuiging, ‘n laaste keer uit die saal gestap het het hy ‘n paar wyse woorde vir almal in die saal gehad. Hier is Mnr Nel en Mnr Jacques Viviers, regs, by ‘n geraamde foto-beeld van Mnr Nel se tyd as hoof oor die jare by Bellville-Noord.