■ Vrydag, 26 Oktober, het Laerskool Bellville-Noord hul heel eerste kultuuraand aangebied. Oud-leerling Mynhardt Kruger wat nou lid is van die sanggroep Serenade, het gratis opgetree as gaskunstenaar. Die beste eisteddfod leerlinge het hul gedigte en gedramatiseerde prosa voorgedra terwyl musiekleerlinge, asook die junior en senior kore, en leerlinge wat deel is van Vibrant Dans Akademie en Dramatics, ook opgetree het. ‘n Paar van Hoërskool Bellville se musiekleerlinge het ook betower met hul talente op die klavier, dwarsfluit en klarinette. Regs: Mynhardt Kruger vermaak met sy sang op die kultuuraand.