■ Laerskool Bellville-Noord se netbalseisoen is verlede week afgesluit met die gewilde Kleure-netbal. Hier het Goud as algehele wenner uit die stryd getree. Na die wedstryde tussen Goud en Blou, in die onderskeie ouderdomsgroepe, het die onder-13 netbalspan die afrigters uitgedaag. Hier het die juffrouens gewys waar Dawid die wortels begrawe het en met meer as vier doele gewen. Dit was behoorlik ‘n prettige storie met tot een van die manspersoneellede wat as skeidsregter deelgeneem het. Hy het net die onkantreël (rugby), die kykweerreël (krieket, rugby, hokkie) en die derdeparty-obstruksiereël (hokkie) ‘n bietjie verkeerd toegepas … Hier is die onder-13’s en juffrouens wat mekaar gepak het.