■ Laerskool Bellville-Noord leerling Clarese Lourens, Graad 2, het op Sondag 10 September, na Roemenië vertrek om Suid-Afrika daar in ‘n wêreldwye karate-kompetisie te verteenwoordig. Sy is die jongste persoon nog wat Suid Afrika op hierdie vlak gaan verteenwoordig.