■ Die Ouer-Onderwyser-vereniging (OOV) van Laerskool Bellville-Noord het One Stop Superette in Oakdale bedank vir jarelange ondersteuning. OOV voorsitter Hennie Janse van Rensburg, links, het Tony Farinha, regs, opreg bedank vir borgskappe, donasies, afslagpryse en ‘n paar geleenthede wat hul die OOV in nood kon uithelp sonder om vergoeding te vra. Oom Tony (soos leerlinge en klante hom ken) is altyd meer as bereid om enige aktiwiteite van Bellville-Noord te ondersteun. Hy skenk met liefde koeldranke, ysies, brood en rolletjies of wat ook al die skool vir fondsinsamelings en meer benodig.