Groenklub Oorslaap

■ Laerskool Bellville-Noord se Groenklub het in hul skoolsaal ‘n oorslaap gehou op Vrydag 9 Februarie. Die program het bestaan uit rommeloptel, ‘n skattejag, groep ‘Pictionary’ wat almal se verbeelding en skeppingsvermoë beproef het. Hennie Janse van Rensburg (Ouer Onderwyser Vereniging-voorsitter) en sy gesin het almal kom help om hul oorslaper se tent reg te kry vir die nag.