Buurtwag help met projek

Die Kraaifontein Sektor 4B buurtwag se donasie aan Olympians Social Development and Education (OSDE) vir kinders in Fisantekraal.

Kraaifontein Sektor 4B Buurtwag hou nie net die buurt veilig nie, hulle hou ook kinders warm.

Die buurtwag het vir hulle winter projek by Olympians Social Development and Education (OSDE) betrokke geraak.

In Mei het Wendy Bosse van Olympians oor hulle pad gekom en sy het hulle vertel van Won Life se gemeenskapswerk.

Won Life is ’n geregistreerde nie-winsgewende organisasie wat in die gemeenskap van Fisantekraal werk, net buite Durbanville.

Hulle het sedert 1999 in hierdie gemeenskap gewerk, waar hulle dienste op die gebied van gesondheid en onderwys lewer.

Won Life het ’n visie van ’n beter toekoms vir die gemeenskap. Hulle glo dat die toekoms van die land grootliks bepaal word deur die gehalte van onderwys wat aan die jeug gelewer word.

Met ’n goeie opvoeding het kinders die geleentheid om die armoedsiklus te breek en ’n voorkeur-toekoms vir hulself en hul gesinne uit te werk.

Soos hulle steeds kinders se lewens beinvloed en ’n impak maak, kan ons die ontwikkeling van verantwoordelike en aktiewe burgers sien.

In 2007 is die Won Life Early Learning Centre geregistreer by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement.

Hier leer en groei 120 ywerige Graad R leerling van Fisantekraal elke jaar.

Kraaifontein Sektor 4B Buurtwag wou graag ’* bydrae maak tot die leerders se opvoeding en omstandighede en hulle het derhalwe ’* kombers-insameling van stapel gestuur.

Tydens Junie en Julie is meer as 160 komberse ingesamel met behulp van die gemeenskap en borgskappe.

Mense het hulle harte oopgemaak vir hierdie klein gemeenskappie van Fisantekraal.

Verlede maand, op 28 Julie, het 120 laggende gesiggies elkeen met hul eie warm kombers huis toe gegaan. Verder kon Sektor 4B ook 490 liter water aan die skool skenk.

Kraaifontein Sektor 4B Buurtwag wil graag almal wat skenkings gemaak het en al die borge hartlik bedank vir hulle betrokkenheid by hierdie projek.