Laerskool Bellville-Noord het die afgelope naweek weer ’n bosberaad/beplanningsnaweek buite Worcester gehad op Vrydag en Saterdag 27 en 28 Julie. Vanjaar was die naskoolsentrum, Ouer Onderwysers Vereniging (OOV) en beheerliggaam ook teenwoordig.
Alle oudstes/enigstes se gesinne kon ’n vraelys invul wat vooraf ontleed was en as basis vir vele besprekings gedien het. Voorstelle, veranderinge en verbeteringe was bespreek en gaan nou deel word van die skool se verbeteringsplan.
’n Koeldrankvervaardiger het as deel van hul bydrae tot Mandeladag koeldrankies, eetgoed en meer belangriker, skryfbehoeftes, aan een en elke leerling in die skool kom uitdeel. Om nie die skool te erg te ontwrig nie, was die besoek eers op Vrydag.
Owen Kretschmer en Stefan Kritzinger, albei Graad 6, het ’* kort rukkie terug deelgeneem aan die South African National Fitness and Hip hop Championships.
Albei het goed gevaar as deel van hul dansgroepe. Stefan het provinsiale kleure ontvang en Owen is oppad Nederland toe om SA daar te verteenwoordig.