■ Landsdienslede van Laerskool Bellville-Noord het saam met ander leerders van die Angra Avontuurklub ‘n avontuurkamp buite Grabouw meegemaak van Vrydag 8 September tot Sondag 10 September. Van die aktiwiteite wat meegemaak was was vlotbou en-roei, hindernisbane, probleemoplossing en kanoroei. Die ziplyn (in die dag en in die nag) oor ‘n dam was baie gewild. Hier is die lede met van die strukture wat hul moes bou na afloop van ‘n “Amazing Race” uitdaging.