Leerders van Laërskool Bellville-Noord se Landsdiens-en Groentjiesklub het ‘n treinrit en staptog meegemaak na die Waterfront op Saterdag 24 Junie. Hierdie Angra Avontuurklub-uitstappie was saam met leerlinge van Laërskool Brackenfell, De Tyger, Parow-Noord, Saffier en Vredelust. Die rit op die Groot Wiel (Cape Town Eye) was ‘n groot belewenis vir die meeste, waarna hul ook die Scratch Patch besoek het.