■ Die harde werk van die koor van Hoërskool Durbanville is met goue toekennings beloon in albei die kategorieë waarvoor hulle ingeskryf het in die 10de Internasionale Koorspele wat laas week in Pretoria plaasgevind het. Vyfhonderd kore van regoor die wêreld het deelgeneem, 17 uit Afrika.