Die geliefde Liewe Heksie is terug by Die Boer Teater Restaurant in Durbanville op Saterdag 30 September om 1.30nm. Liewe Heksie gaan haar “eerste” verjaarsdag met haar persente, ‘n biki-kini en rolskaatse en beloof om Blommeland nog kleurryker te maak. Maar ai, die groot grillerige Geelheks probeer haar vieringe in die (rolskaats) wiele ry. Verna Vels se immergroen verhale word verlewendig met baie gehoordeelname en voortsnellende aksie. Margit Meyer-Rodenbeck (alias Dowwe Dolla) is die “ultimate”, nimlike Heksie en die uiters talentvolle Deon van Zyl draf die rolle van Karel Kat, Geelheks en Koning Rosekrans lag-lag kaf. Kaartjies kos R70 en is beskikbaar by 021 979 1911 en aanlyn by www.dieboer.com